Title Image

Blog

dienaar en Skepper

Soms is ons afsydig tenoor God

In die goeie tye is ons tyd,ons tyd.

Die skeppings tyd se waarde gaan verlore binne ons, as die wêreld en die seer ons druk, wil ons bid.

Soekend na uitkoms en antwoorde, verander afsydigheid na knaendheid.

Angstigheid en knaendheid wat die verhouding van Skepper en dienaar omruil, asof God ons dien.

In afwagting hoor en glo ons wat ons wil en dank ons selfs God vir dit wat ons glo en wil.

So maklik dwaal ons af en leef voort soekend na die lig in die donker.

Die donker wat ons binne die lig vir ons self skep, want ons is lig blind.

Te nietig en dwaas om die omvang van God se grootheid en almag te begryp, te verstaan en te eer, leef ons voort.

Die eenvoud van God se liefde vir ons bly vir ons onverstaanbaar en die keuse van die ewige lewe word vasgevang in eendag.

Al wat oor bly is om weer te bid……..

 

POST A COMMENT