Title Image

Blog

In ʼn verhouding met ʼn Narsis en sy wêreld van kompulsiewe ongelukkigheid:

Iemand gesels met my oor die impak van ʼn verhouding met ʼn Narsis.

Die persoon verwoord die diepste vorm van ongelukkigheid in ʼn verhouding.

Dit is ontmoontlik om werklik te verstaan, te dink en te glo dat die liefde so blind kan wees, dat selfsug, afguns, jaloesie en beheer werklik dit kan wees wat ek hoor.

 

Ek deel graag met julle, my perspektief gerig aan die Narsis:

Gestalte word gevind in die refleksie van jou woorde.

Kompulsiewe selfveronskuldiging ten alle tye en koste met en ʼn soeke na aanvaarding.

Ontkenning van die waarheid aan jouself met ʼn ongemete innerlike woede en selfverwyt en oordeel teenoor ander.

Om nooit te erken wie en wat jy werklik is nie en altyd ʼn masker van valsheid en onvergenoegdheid te dra, ten koste van die vir wie jy sê jy omgee.

Waar jy jou lewenswandel baseer op eie geluk en ʼn onvermoë van ware omgee.

Waar al jou aksies gelei word deur jou tekort aan selfrespek, en impulsiewe optredes.

Waar jy altyd verwag dat die aandag van ander op jou gefokus moet wees en enige iets sal fabriseer of doen om die kollig van aandag en empatie te steel.

Waar leuens die waarheid van jou hart word.

Waar jy altyd ander slegsê, foutvind en jy ander beïnvloed en probeer oortuig om soos jy te wees.

Waar jaloesie, beheer oor wie jy glo jy lief het en eie belang ooglopend vals is en jy net jouself ʼn kans op ware geluk gun.

Minderwaardigheid en self-liefde is jou dryfveer, ander se opinie van jou beteken meer as jou eie.

Jy vervreem almal om jou met jou aanvallende, foutsoekende en negatiewe gesindheid.

Jy leef in ongeloof dat daar wel opregte mense bestaan wat gelukkig en tevrede is sonder ʼn obsessie na vergenoegdheid en afguns.

Jy is verwyderd van jou hemelse doel en diening, jou kop vind rusplek in die warboel van malende negatiewe gedagtes en die absolute geloof van vervolgings waansin.

Jy glo die wêreld is jou vyand en skuld jou iets.

Die realiteit is dat jy jou eie grootste vyand is en selfs ʼn valse beeld in ʼn spieël van jouself sien.

ʼn Spieël wat ʼn dowwe venster van jou siel is en ʼn donkerte na jou binneste reflekteer.

Jou tekortkominge raak jou oorvloed.

Maak jou vry en doen afstand en staan weg van die afgrond na die onderwêreld van die hel.

Bevry jouself, laat jou woorde so wees dat jy nooit nodig het om dit te onthou nie.

Aan almal wat hul lewe met so ʼn persoon deel of vasgevang is in so ʼn verhouding omdat jy moontlik glo dat daar nie uitkoms of iets beters op jou wag nie, wees sterk, bly glo en vertrou.

Miskien eendag bevry jy jouself, want net jy kan.

POST A COMMENT