
MANS EN HUL GEVOELENS
“Nee man!,seuns huil mos nie so nie, jy is mos ʼn groot seun.”
woorde van ʼn pappa en mamma aan ʼn klein seuntjie, ek dink graad R of 1, langs die rugby veld vroeër die week.
Ek weet nie wat was die ergste vir die seuntjie nie, sy neus wat ʼn stamp gekry het of sy trane wat hy moes sluk.
Die Amerikaners het ʼn gesegde, “Cowboys don’t cry”
My vraag, feit of flater?
Huil genees my soms, as dit nie doen nie, voel ek ten minste beter.
Of dit nou ʼn hartseer, woede of blydskap huil is, saam die trane kry ʼn man tyd om te dink.
Ek het ook geleer dat daar nie ʼn spyt of selfverwyt ervaring is wat jou oorval, soos wanneer jy opkrop, ontplof, doen en sê sonder om te dink nie.
N vriend sê vir my, as hy vroeër in sy lewe meer gehuil het, sou hy nou meer gelag het.
Is ek “tough”?, ek weet nie, en dit maak ook nie saak nie, maar as ek bly is lag ek en as ek hartseer is huil ek.
Gaan man wees nog oor die harde taai ou wat nie sy gevoelens mag wys nie?
Het dit ooit werklik daaroor gegaan?
My gevoel is dat opgekropte seer, emosies en gevoelens met die onvermoë om uiting daaraan te kan of mag gee juis die probleem is.
Verg dit nie juis mannemoed en ʼn man op ʼn perd om te deel met ʼn man se emosies en vroegtydig hulp te kry en te praat nie?
Ek sien al hoe meer waar mans eenvoudig as gevolg van selftrots, moontlike vernedering en permanente verwerping net nie bereid is om met sy hart op sy mou te loop nie.
Hierdie onvermoë van ons manne om ons gevoelens en emosies te verstaan, uiting te mag gee en te besef ons het ook soms hulp nodig, lei dikwels tot nog meer hartseer en permanente skade.
Miskien as ons manne kan aanvaar en leer dat huil “okay” is en dat dit niks met ons manlikheid te doen het nie, sal ons makliker praat, deel en genesing vind en so baie hartseer vir ander en onsself spaar..
Hoe dit ookal sy, “let it go, and yes Cowboys do cry!!!”