ʼn Vol trollie gevul met waarheid of naarheid?
Na dese besef ek dat daar nog mense is wat ʼn ding sê soos hy is.
Daar stap ʼn vrou, ʼn redelike groot tannie en haar man in Checkers, hy is so kort treetjie agter haar.
Sy lyk geïrriteerd en nors.
Soos ek in hul rigting stap en stip na die tannie kyk, kan ek duidelik sien dat die ʼn bitter moeilike tannie is.
Die oom, maer en ʼn kop korter as die tannie, staan natuurlik botstil in haar skaduwee terwyl sy met arm-seine vir hom instruksies gee.
Dan stop sy die trollie wat oorlopens vol gepak is, dwars in die loopgang, net soos ʼn taxi in druk verkeer.
Die mense voor en agter hulle kom tot stilstand, daar is seker so ʼn half meter spasie tussen die rak en die trollie om verby te beweeg.
Die tannie neem stelling in aan die voorkant van haar trollie, en vul die half meter spasie.
Dit is die sjokolade rak wat haar geroep het, sy kyk met groot konsentrasie op en af na elke sjokolade, terwyl sy sulke diep slukke vat en proe bewegings met haar lippe maak.
Sy blokkeer al wat mens is en almal kyk soos meerkatte wat ʼn leeu wyfie sien vir mekaar.
Die maer oom probeer sy vrou sê aandag kry met snaakse geluidjies en bewegings, maar sy is gefokus op die soetgoed.
Ek dink toe dat ek seker maar moet ekskuus of jammer sê om verby te kom.
Voor ek egter iets kan sê is daar ʼn man agter my met sy seuntjie.
“Kyk net soe”, sê hy, “smaak my die antie laaik die soetgoed kwaai, sy het mos sieker al genoeg cholate in”.
Die vrou verskuif haar oë vanaf die rak na die man agter my met die kind.
Haar man kom van agter haar rug te voorskyn, “verskoon tog” sê hy, en kyk na die man met die seuntjie wat nou langs my staan.
“Ney my bru, wa stiek die antie jou weg?, al staan jy dwars agter haar sal ʼn bra jou noggie siennie.”
Met ʼn diep stem wat nie by sy bou en karakter pas nie, sê haar man, “sy is siek, water”.
“Smaak my die Lanie gorrel dakspykers met daai tone”, sê die man met die seuntjie.
“Jy kan haar nie nog water gee nie, sy is kla te vol, maybe makeer sy ʼn tap.”