
BLINK GOED
N goeie weskus vriend van my sê nou die dag dat blink goed is ʼn bliksem.
Kyk ʼn blink ding is mooi as jy hom koop, hy bly mooi solank jy hom blink hou.
Dit kos elbow grease, Brasso of boererate soos wynsteensuur en suurlemoen, so twee keer ʼn maand.
Solank hy blink staan hy op ʼn kas naaste aan die voordeur, soos hy verdof oor tyd skuif hy verder weg en later staan hy in die opwas kamer.
Dis harde werk om jou blinkgoed mooi te hou.
Net so is dit in die lewe, as jy smarter wil wees as wat jy is, raak dit werk, sê hy.
Om blink te wees moenie harde werk wees nie, jy is of ʼn blink mens of nie.
Hier in die weskus is ons maar net ons, die blink wat ons ken is die snoek en harders se lywe as hulle jou groet voor hul boot vat…of die son se strale op die see as hy rus.
Hulle makeer niks blink vryf nie, hulle is wat hulle is.
Debbie
Dis ongelooflik mooi… Elke storie raak die diepste snare van my hart.. Hou aan skryf… Jy het soveel talent…