Title Image

Blog

GEDIG: VUL DIE LEEMTES – JY IS VROU

Dis die onsigbare buite lyne van jou lyf wat die binneste van jou hart vasvang en hou.

Laat dit gaan en weet jy is vrou.

Dis die binneste van jou hart wat jou menswees weerspieël in jou oë.

Jy is mooi genoeg, deur God geskep, begin net glo.

 

In perfekte harmonie, jou liggaam en siel mekaar gevind.

Die leemtes en jou soeke met jou hart jou verbind.

 

Jou skoonheid in verwondering maak als nuut.

Jy is vrou en die lewe moet jou soveel meer bied.

 

Dis die rigtingwyser binne jou

Wat ware noord in jou vrouwees vashou.

 

Hou vas aan jouself, aan dit wat binne jou skuil.

Kies die waarde van jou trane reg, geluk en hartseer laat jou beide huil

 

Wees wie jy is, bepaal jou eie hartsgeluk, deel jou siel selektief.

Wees bewus van die vreugde dief.

 

Dis die mooiheid van jou hart, jou sagtheid as vrou wat die wêreld aan jou voete hou.

 

Dis die plooitjies langs jou oë en die krakies hier en daar wat jou so volmaak maak, wetend of onwetend, tevrede of nie.

 

God het jou geskep as vrou, leef met jou woorde saggies op jou mou.

 

Vind geluk in jouself, hou op soekend en so krities dieper delf.

 

Ek los vir jou ʼn leemte, vul dit waarmee jy wil.

 

 

POST A COMMENT