SêNet Gebed: Onse Vader – Lofprysing.
Onse Vader wat in die hemel is,
“Dankie dat U vir ons plek voorberei waar ons vir ewig by U kan wees Vader”
Laat u Naam geheilig word.
Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
“Want U naam is groot bo alles.
U koningryk sal oorwin.
U kom ons haal en ons wil binne U wil vir ons leef”
Soos in die hemel net so ook op die aarde.
“U is alomteenwoordig, U het alles gemaak, dit wat ons kan sien en nie sien nie.
Dit waarvan ons weet en nie weet nie”
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
“Want net U kan voed met die brood van die ewige lewe”
En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
“ want U leer ons van vergifnis, U maak ons vry en leer ons van liefde.
Nie net teenoor onself nie maar ook ons naaste.
Ons skulde is deur U Seuns sê bloed vir ons betaal.”
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
“ want U ken ons denke, u vorm alles binne ons.
U het die bose vir ons oorwin.
Deur U hoef ons niks te vrees nie, want deur U is ons tot alles in staat”
Want aan U behoort die koninkryk en die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.
“Want U is die skepper van alles, alles behoort aan U.
Dit wat ons het is net genade.
U krag en mag is onmeetbaar en ons wil U eer, loof en prys.
Vul ons met U nabyheid en Gees.”
Amen
“Laat dit so wees Vader”