Title Image

Blog

Kruise Langs die Pad

Kruise langs die pad, elkeen met sy eie hartseer en verhaal van die lewe en die dood en ʼn onbeskryfbare seer vir die wat agterbly.

 

ʼn Jong mens wat se aardse bestaan tot halt geroep is.

Onbekend aan soveel wat sy of haar kruis daagliks sien.

 

In ongeloof bekend aan die wat hom of haar lief het en die geplante kruis tot lewe roep.

 

ʼn Onbeskryfbare seer en gemis wat buite die realm van menslike emosie sy plek in ʼn ouer sê hart vind en daar gaan nes maak.

 

ʼn Dogter, seun, broer of suster wat se nagedagtenis en plek van hul laaste asem vasgevang word met ʼn geplante kruis.

 

ʼn Kruis wat se verby ry en die kyk daarna nie een dag dieselfde is nie, elke dag se emosie iets nuuts, ʼn nuwe herinnering, wonder en soeke na antwoorde.

 

Antwoorde wat hul daagliks soek, wat hul laat glo en hoop dat dit ʼn klein deel van die seer beter sal maak en moontlik berusting bring.

 

Hoe moeilik om so ʼn kruis te moet plant en soveel meer om daagliks die herinnering te moet sien, ʼn tasbare realiteit van die onsigbare.

 

Ek probeer die hartseer en pyn verstaan, die begrip daarvan bly ontwykend.

 

ʼn Simbool wat die emosionele verbintenis tussen die lewe en die dood tot herinnering bring met elke sien daarvan.

 

Blomme en hout wat in die wind, weer en son verblyk en soos alles aards tot nuut gaan, in kontras met die ewige liefde vir die mens wie se kruis dit is.

 

Dan besef ek, al wat ek kan doen, is om te bid vir elke ouer wat sy kind se kruis moes plant.

 

Ek bid vir meer en meer reisgenade en jong mense wat hul lewensreis sal voltooi.

 

Ek bid dat God, elkeen van julle wat met hierdie lewenskaart moet deel, sal vashou en dra.

 

Ek bid vir genade en nog genade.

 

Ek bid dat die kruis langs die pad se hartseer minder word, die kyk daarna makliker en die mooiheid daarvan ʼn ewige aardse baken van ʼn jong lewe word.

COMMENTS

  • 27 March 2022
    reply

    Cecilia Dorfling

    Die kruise langs die pad ontroer my elke keer. Ek het so ongeveer vier jaar gelede ‘n vers met presies dieselfde titel geskryf. Vandag ry my kinders see toe en mens bekommer jou maar.

POST A COMMENT