Title Image

Blog

“VERSKONINGS MANS”

As geweld teen vroue ʼn draai naby jou hart maak, dit aan ʼn bekende voordeur klop en jy die ongelooflike diep seer en wonde sien wat dit laat, voel dit of jy ten aanskoue van Jesus se kruisiging staan.

Natuurlik beïnvloed dit jou bewustheid soveel meer en open die wêreld van mishandeling en geweld teen vroue sy vensters vir jou en begin jy die betekenis verstaan.

 

Die impak is verrykend, die fisiese en emosionele letsels word nog meer sigbaar en jy ervaar die gevoel van gebrokenheid en magteloosheid in die slagoffer se oë.

 

Ek probeer my vir ʼn oomblik in ʼn vrou wat mishandel word se skoene plaas, nodeloos om te sê dat dit ontmootlik is om die ware impak en gevoel te beleef.

 

Wat ek wel weet is dat wat ek sien en as klankbord moet aanhoor, is vernietigend en vrouwees kry vir my ʼn nuwe betekenis.

 

Ongekende en ʼn alomteenwoordige seer word hoorbaar in die beelde van die vrou se stem.

Die onwaarheid en twyfel dat sy moontlik verantwoordelik of die oorsaak is vir haar mishandeling vind plek in haar onbewuste.

 

Vrees,angs en hartseer en afwagting word die bepalende faktor van elke oggend se opstaan vir die vroue slagoffer.

 

Verstommend probeer ek verstaan hoe ʼn ware man hom kan wend tot hierdie tipe gedrag.

 

Die impak laat my so koud dat ek met diepere introspeksie na myself kyk as man.

 

Ek bid tot God vir antwoorde, oplossings en leiding van hoe ek ʼn verskil kan maak.

 

Die realiteite van wat ek sien, van lees en beleef bring my net tot een slotsom, baie van ons manne het gefaal in soveel opsigte van man wees.

 

“Verskonings mans” het ʼn realiteit geword, gedryf deur regverdiging vir al hul verkeerde en swak optredes met ʼn ontkenning vir verantwoordelikheid vir hul aksies.

 

Daarmee saam sê ek nie alle mans is so nie, ek glo die “verskonings manne” is in die minderheid.

 

Miskien lê die antwoord daarin dat ons meer en harder moet opstaan teen hulle, ons vroue en dogters se seer beer begin verstaan en nie die ander wang draai of wegkyk as ons weet ons kan ʼn verskil maak nie.

 

COMMENTS

  • 24 June 2022
    reply

    celeste cordier

    Hoe en wat gemaak as mense jou nie glo nie maar net jou familie jou glo. Jy met die vrees lewe wat gaan hy volgende doen.

POST A COMMENT