Title Image

Blog

SOEKE – NA WAT?

As daar nou een ding is wat menige mens onderkry is dit die “soek” ding.

As jy daai ring, beursie of sleutel erns neersit en om die dood nie kan onthou waar nie.

Obsessief sal jy soek, op elke moontlike plek.

Nie lank nie en jy word jou eie grooste irritasie.

Jy vra sekere mense of hulle jou goed gesien het of dalk weet waar jy dit gesit het, wetende dat hul nie weet nie.

Volgende klim die duiwel in jou kop en jy begin jouself allerhande teorieë wysmaak.

Teorieë soos dat dit dalk gesteel is, jy dit vir iemand geleen het, of die oudste een in die boek, die huishulp.

Weke of maande later soek jy na iets anders en dan vind jy die verlore skat en ook jou geheue.

Dit bring my by die punt dat ons so maklik obsessief kan soek vir ons aardse besittings.

Ons spandeer kosbare tyd en energie in ons soeke.

Selde sal ons dit vind en dikwels is dit vir ewig die duister wêreld van verlore skatte in.

 

Wat van hartsgoed, met hoeveel energie, tyd en obsessie sal ons soek vir ons hartsgoed?

Dinge wat die wêreld vir ons ʼn beter plek maak en ons harte met vrede en geluk vul.

Goed wat nie weg is nie, wat êrens daar buite, binne ons bereik is.

Die liefde, vriendskap of die geleentheid om jou passie en drome uit te leef.

Vir een of ander rede voel hierdie hartsgoed soos verlore drome en dikwels is daar die innerlike worsteling van verdienste, is ek dit werd en kom dit my toe?.

Met tyd aanvaar en bly ons tevrede met dit wat ons glo ons hartsgoed op die gegewe tyd, in die nou is.

Weerhou ons nie moontlik onsself van so baie mooi en goeie dinge wat die lewe ons wel nog bied nie.

Hoekom en waarom vra ek myself?

Sou dit vrees, selfvertroue of ʼn terughoudende lewensmaat, vriend of ouer wees wat jou briek?

Hoe dit ookal sy, as jy dan nou nie lus is vir soek nie, gaan haal daai mooi en beter van die lewe, want dit is daar buite.

Jy het moontlik nie nodig om dit te soek nie, net te vind!

 

COMMENTS

  • 19 September 2022
    reply

    Debbie

    Ek het vandag op al jou post afgekom.. Dir lees en gly sommerr so van n mens se tong af.. Alkes maak sin.. Elke dag se ervarings.. Kan nie wag vir jlu nuwe storie noe.. Well done!!!

POST A COMMENT