HOE VIND EK MYSELF?
ʼn Leser deel met my die vraag, hoe vind ek myself?
Ek het myself verloor, in ma wees, vrou wees, net wees, sê sy.
Sy is in ʼn uitdagende beroep, eintlik een wat oorheers word deur ʼn manne wêreld.
Sy moet kop hou met baie dinge, werksdruk en natuurlik is sy soos enige ander vrou, die ma van ʼn huisgesin.
Dit is mos te verstane en normaal om jouself dan te verloor, dink ek.
Ek is nie kenner met slim antwoorde nie, maar raak ons almal nie maar met tye so bietjie verlore nie.
Miskien in onsself, ons verhoudings ons werk ens.
Miskien is dit deel van menswees, binne die verlorenheid vind ons nie noodwendig ons ou self weer nie, maar moontlik ʼn nuwe beter self.
Moontlik ondek ons soveel nuwe dimensies van onsself dat dit ons hele menswees transformeer, ons in nuwe rigtings instuur.
Persoonlik glo ek absoluut dat alles binne omstandighede en tyd verander, vir my is dit deel van God se skeppingsplan.
Ons almal kom met tye by ʼn punt waar dit nodig raak om jouself aan die kraag te vat, op te tel en met jouself ʼn praat sessie te hê.
Die kenners sê mens moet jouself gereeld vra:
Waarheen is ek oppad, waar is ek en wat wil ek hê?
Wat maak my gelukkig en ongelukkig?
Miskien moet elke vrou daar buite net eenvoudig:
Minder worry oor die een of twee vetrolletjies en ophou obsessief wees oor elke nuwe dieet.
Minder jouself vergelyk en net die beste jy wees.
Iets doen wat jy al vir jare wil doen, sing, skilder, dansklasse of ʼn gin kenner word.
Minder worry oor wat almal dink en sê of moontlik kan sê.
Meer lag en jou fantasieë uitleef.
Ophou leef met vooropgestelde idees oor alles en almal en natuurlik jouself.
Jouself soms eerste stel en nee te sê sonder om sleg te voel of te dink jy moet verduidelik.
Punt is, jy ken jou jouself en jou hart die beste.
Luister na dit binne jou en neem ʼn besluit en leef.
Want jy moet leef om jouself te vind!
Kopiereg:SêNet