Title Image

Blog

GEDIG – AS

As die ewigheid aanbreek, en die tydelike met lig vervang.

As genade uitgedeel word aan die wat dit verdien en die slotte van die nuwe wêreld vir slegs sommiges oopgesluit word.

As en die sleutels vir ander in die ewige dieptes van die donker gewerp word.

As die wonder van hoekom en dit wat volg, finaal beantwoord word, en die ewige lig skyn en die donker wegdryf.

As jy weet wie jy is, jou plek gevind het en jou twyfels weggedryf word deur bevestiging van waar jy hoort en wat jy verdien.

As jy verstaan dat dit als net ʼn keuse van besluite was en aanspreeklikheid van jou verantwoordelikhede en onafgehandelde pligte.

As die kompleksiteit van die wêreld se bestaan en sy raaisels en soeke gevul word met antwoorde en eenvoud.

As jou bloed ophou vloei en die hitte van jou hart deel word van jou geestelike bestaan en jy besef jy is tuis.

As jy terugkyk oor jou skouer sonder vrees en opgewonde uitsien na dit wat wag sonder voorbehoud of twyfel.

As jy tot aanvaarding kom en die nuwe verstaan in die geestelik realm van ewigheid en die engele sang jou wakker maak saam die traan van ʼn smeltende kers.

Dan is dit waar die donker en die lig mekaar ontmoet en die lig vir ewig skyn.

Dan is jy veilig en hoef jy nooit weer te vrees of alleen te voel of te wonder nie.

As jy God se teenwoordigheid tasbaar voel en die sagtheid van Sy genade en Gees ervaar en jou hart en siel gevul word met vrede en liefde.

Dan wil jy nie meer terugkeer nie, en gun jy die wat weg is, om weg te wees en vind vrede in die voltooiing van die sirkel van die lewe.

En finaal is as net as, verbrande hout.

COMMENTS

  • 28 November 2021
    reply

    Marina van Aswegen

    Waar en dankie vir die deel. Iets om oor en oor te lees!

POST A COMMENT