Title Image

Blog

AS JOU SIEL VRA

Soms vra jou siel tyd met jou skepper, dinge sê tyd, bid tyd.

Jou verstand, gewete en menswees soek Sy sielsredder.

Knielend, terwyl jy ry, dansend, alleen of tussen mense praat jy met God, oop of toe oë.

Jou woorde en hart probeer mekaar vind en die krag van die almag vind sy roete in jou menswees, en God luister.

Soms vra jy meer as wat jy moet en sê jy dankie vir dit wat jy ontvang het en op hoop.

Soms droog jou woorde op en jou gedagtes word die spreker van jou binneste, jou woorde vind hul pad na waar dit moet.

Soms heers twyfel in jou binneste, en;

Twyfel jy in luister

Twyfel jy in hoor

Twyfel jy in glo

Twyfel jy in dit wat is en moet wees

Saggies omarm die hande van genade jou en hoor jy God se stem.

Luister, luister, luister……

 

 

POST A COMMENT