BALANS
Die tema foto, is ʼn skildery van At Botha, ongelooflik.
Ek weet dit klink dalk bietjie te “arty” en ek is glad nie so mens wat bv. as dit by wynproe die potloodskaafsels en ondertoon van kondensmelk proe nie, ek drink net die goed.
Maar die skildery van At het regtig met my gepraat.
Ek besef as ek na dit kyk en let op dit wat mense sê en doen, dat die lewe vir so baie buite balans geraak het.
Die skildery bring die grys en kleurvolle deel van die lewe bymekaar en in harmonie.
Dit gaan deesdae maar moeilik met baie mense, dinge is nie normaal nie, en vir baie is die lewe nie net meer iets om te leef nie, maar ʼn daaglikse stryd van oorlewing.
Ons raak so vasgevang in ons probleme, die grys en donker van die lewe dat ons die mooi en kleurvolle dinge mis kyk.
Miskien is dit dieselfde as die vraag, is die glas half vol of half leeg?.
Gaan die wêreld regtig verander as ons heeldag top en stres oor die goed waaroor ons in elk geval geen beheer het nie?, ek glo nie.
Wat ek wel weet is dat mens beter voel as jy soms op die bietjie mooi en positiewe van die lewe fokus en die kleur raaksien.
Amper soos die “law of attraction” wat deesdae die nuwe ding geword het.
Hul se daar is krag in ons woorde, ons spreek goed oor onsself uit, gewoonlik die ergste nog voor dit gebeur het of ooit sal gebeur.
Ons glo sekere goed, al kan ons dit nie sien of eers ervaar nie en leef volgens die vooropgestelde idee en persepsie van wat ons dink gaan gebeur.
Wat probeer ek sê, wel die Engelse sê “seeing is believing”, as ek na At se skildery kyk is dit wat ek sien wat die verskil maak.
Vir almal wat in moeilike situasies is, dalk bid vir uitkoms en moontlik voel dat die donker van die lewe jou heeltemal oorval het, onthou dat daar tussen die donker of na die donker, altyd weer lig sal wees.
ʼn Roosboom blom nie heel jaar nie, die groot witstinkhout boom verloor sy blare gedurende die winter, maar hou sy wortels diep ge-anker in die grond, en as die lengte en somer wel opdaag, dra die roosboom weer sy mooiste blomme en word die witstinkhout boom weer vol groen blare.
Mag ons almal elke dag met meer detail na die grys in ons lewe kyk en die kleur tussen dit raaksien, mag die seisoene van die lewe net seisoene bly, wat net kom en gaan, en ons saam die seisoene aanhou groei en voluit leef.
Let meer op, kyk meer na die fyner detail en hopelik vind jy die antwoorde waarvoor jy wag.
Dankie At dat ek jou skildery mag gebruik:https://atbothagallery.co.za , wardeer.