Title Image

Blog

BETER-WETERS

Daagliks kry mens te doen met beter-weters, en dit is nogal ʼn ding wat ʼn ou se spoed heeltemal kan breek.

So persoon kan as jy dit toelaat onder jou vel inklim, amper soos ʼn ongewenste blinde tiener puisie.

Die week wat verby is, het ʼn paar van hulle my op ʼn stadium laat voel ek wil pad vat, tot op ʼn punt wat ek half skaam kwaad word vir die ou se kommentaar en gebrek aan feite en insig.

So asof die persoon nou maar net iets sê omdat hy iets moet sê.

Ek dink ons almal is met tye beter-weters, veral as dit by ons eie foute kom, maar daar is beslis ʼn verskil tussen so nou en dan sê beter weet en ʼn kompulsiewe beter-weter.

Ek verwys na daai ou wat, maak nie saak wat jy sê of doen nie, net eenvoudig van beter weet, op alle terreine en oor alle moontlike onderwerpe.

“Jack of all trades and master of none” se die Engelse.

Hulle maak ʼn ou moeg, en net so ruk in hul geselskap dan raak jy mos nou ook heeltemal aandag afleibaar, beter gestel, gatvol.

Afhangend van jou persoonlikheid hanteer ons ook almal die beter-weters verskillend. Sekere mense vat so ou sommer reguit aan en sal vir hom bv. sê, “maar jy praat mos nou absolute stront”, ʼn ander ou gaan oor na ʼn debat formaat van gesprekvoering, en sal ure redeneer.

Dan is daar die persoon wat nie lus of krag het vir stry en redeneer nie en se ma net ja en stem saam sonder om saam te stem.

Ek moet sê, dat mense in die algemeen seker as gevolg van die wêreld waarin ons leef meer ingelig is oor verskeie onderwerpe.

“Google” en “You Tube” maak ons slim en inligting is net die druk van ʼn knoppie weg.

Dit is verseker ook so dat mens meer selektief behoort te moet wees met die inligting wat jy lees en navors, veral op die internet, want soveel navorsers kry maar net hul inligting by ʼn vorige navorser wat syne ook weer êrens nagevors het.

Spottende gewys het ek al baie kere by ʼn braaivleis vuur gehoor dat die slimste of bekenste beter-weters in ʼn man se lewe verseker sy skoonma is, ʼn ou het eendag gesê as sy skoonma kom kuier dan sit hy die Wi-Fi af, want sy weet meer as google en sy maak ʼn internet konneksie dus onnodig tydens haar besoek.

Natuurlik sal daar skoondogters wees wat ook so oor hul skoonpa’s sal voel.

Wat ek glad nie verstaan nie is dat daar mense is wat werklik glo en oortuig is dat hul altyd reg is, hul sal feite stellings maak oor ʼn onderwerp wat hul dan êrens raak gelees het of moontlik verkeerdelik geïnterpreteer het.

Ek het eendag langs die krieket veld gesit en luister hoe ʼn beter-weter oor ʼn gesondheid onderwerp met ʼn mediese dokter, eintlik ʼn spesialis, sit en stry.

Na ʼn uur sê gestry, het die beter-weter bewus geword dat hy nou eintlik met ʼn dokter sit en argumenteer, binne minute na sy bewuswording kon jy sien hoe sy beter weet soos mis voor die son verdwyn.

ʼn Beter-weter is soos ʼn leë boek vol feite, die beste advies wat ek al gehoor het vir die ontvanger van sy raad, meestal ongevraagd, vat dit van wie dit kom, en vat alles met ʼn knippie sout.

So hou maar jou soutpot naby en onthou jy kan na almal luister, maar dit is jou keuse wat jy met die inligting en raad maak.

Ek sê dit, sonder om te dink ek weet beter!

POST A COMMENT