
Dankie vir my verjaarsdag mamma
Toe ons klein was, was verjaarsdae op ʼn unieke manier spesiaal
Verjaarsdae was ʼn uitsien ding, gevul met opgewondenheid en afwagting vir jou partytjie met maatjies en geskenke.
In my pylvak van my halfeeu jaar wat se aftel vandag begin, besef ek dat verjaarsdae maar net genade en God se liefde vir ons weerspieël.
Vandag ervaar ek my ma se moederlike liefde en omgee en besef ek dat sy eintlik die een is wat ʼn geskenk en ʼn bos blomme moet kry op my verjaarsdag.
Ver van my af, in aards afstand is sy vandag in elke kamer van my hart.
God het die wêreld en alles daarin in 7 dae gemaak, die omvang van die skepping is onverstaanbaar en onverklaarbaar, toegesluit in die skeppinge geheime wat net God ken.
God het dit alles in net 7 dae gedoen, “amazing!”
Daarmee saam besef ek dat God ons skeppingstyd in ons moederskoot binne die raamwerk van sy skeppings geheime op 9 maande bepaal, veel meer as net die 7 dae wat die hele wêreld Hom geneem het.
Dit maak my nederig om te besef hoeveel skeppings liefde, beplanning en genade in elkeen van ons se 9 maande skeppings tyd moet wees.
God kon die aarde in 9 maande, 38 keer oor en oor gemaak het!
Dankie mamma, dat ek vandag kan verjaar.
Dankie dat God my wêreld met mamma geseën het en dat mamma die grootste deel van my skeppings tyd binne God se wil met soveel liefde en toewyding tot volmaaktheid gebring het.