Title Image

Blog

DIE EINDE – N NUWE BEGIN

Soms in die lewe kom jy by ʼn plek waar jy besef ʼn deel van jou menswees en bestaan het by ‘n eindpunt gekom, ʼn cul-de-sac, ʼn doodloop straat.

Wanneer die impak van dit wat was, goed was, maar nie langer die beste vir jou is nie.

Jy moet ʼn besluit neem gebaseer op wie jy is, nie waar jy is en waarheen jy op pad is nie.

Want dit is hoop en hunkering, soeke sonder vind.

Waar wie jy werklik is, insink, jy vrede vind en jy ten koste van aards in ʼn storm instap.

As vrees vir die onbekende, of ʼn plek van gemak met jou omstandighede jou vashou en die vashou jou menswees begin bepaal.

Wanneer jy besef dat jy jouself verloor het, jy is nie meer wie jy was of veronderstel om te wees wie jy moet wees nie.

Soms raak ons verlore binne ʼn wêreld van ander se vals-wees en hul leë drome vir jou, hul ervarings, doelwitte en onvergenoegde soeke na meer.

Jy verval in ander se gewoontes en begeertes en voor jy weet word hul waardes jou waardes.

Ons word soos hulle, ons spring saam in die vuur en bid vir genade, wetende dat ons God se taak moeilik maak.

Die verskil tussen wit en swart word grys en die middel van jou hart sê waarheid skuif kant toe.

En dan op ʼn dag, word die grys weer wit en swart en jou hart vind sy ritme in die middel van waar hy moet wees.

Dit is dan dat jy besef die einde is ʼn nuwe begin, ʼn moeilike begin………..

 

 

 

 

POST A COMMENT