Title Image

Blog

DIE FYN LYN TUSSEN LIEFDE EN HAAT

Die fyn lyn tussen liefde en haat is verseker moeilik om te definieer en te verstaan.

Ek lees op Facebook waar ʼn kennis die stelling maak, onmiddellik trek dit my aandag en begin ek nalees oor die onderwerp.

En heel werklikwaar, daar is selfs al proefskrifte hieroor geskryf.

Dit kom voor dat dit juis die intense en totale oorgawe van die liefde is wat die fyn lyn skep.

Wanneer dit waarvoor jy die liefste in die lewe is, jou diepste emosionele hartsgrense breek en jy in meeste gevalle onverstaanbaar worstel met die twee intense emosies en gevoelens, haat en liefde.

Natuurlik het die twee emosies mense al gedryf tot uiterstes waar hul optredes onverklaarbaar word, juis omdat dit so ver buite die raamwerk van hul normale karakter is.

Jaloesie, wantroue, afguns, ontrouheid, verbale en fisiese misbruik, oneerlikheid, manipulasie ens is maar net ʼn paar van die snellers.

Die gelaaide verhoudings wapen waarmee soveel partye in ʼn verhouding russiese roulette speel.

Die gevaar is dat jy as individu eintlik, alhoewel jy dink jy die wapen op ʼn ander gerig hou dit teen jou eie kop vasdruk.

Die afvuur van die wapen en die skade van die wond is soms vir lank onsigbaar en word verdoesel binne die verwarrende onverstaan van liefde en haat.

Met groot hartseer is die impak en gevolge van sulke omstandighede op soveel meer mense, as net die een persoon teen wie dit gerig is.

Gesinne en families gaan deur verwoestende aanslae en dit neem jare om die stukkies op te tel.

Soos ek altyd vra en sê, waar laat dit ons?, ek is nie seker nie en het meer vrae as antwoorde.

Word ons nie moontlik te veel groot gemaak met ʼn afgestompte emosionele onvermoë om te onderskei nie?

ʼn Grootword wêreld waar emosionele selfstandigheid en die reg om jou emosies op jou mou te dra gesien word as ʼn vorm van swakheid.

Of moontlik met die onvermoë om ware liefde te kan raaksien, ervaar, verstaan en te kan uitleef.

Tog as ons ons eendag in ʼn volwasse verhouding is, haal dit ons in en word dit die bepalende faktor van ons verhoudings en moontlike geluk.

Wat ek wel weet is dat mens soms nodig het om te moet glo en aanvaar dat jy net moet wegstap van dit wat jou dié seerste maak.

Miskien is die ware lyn tussen liefde en haat baie dikker en meer sigbaar as wat ons glo dit is, dit is net ons onvermoë om te onderskei wat dit so moeilik maak om raak te sien en die aanvaarding van dit wat ons reeds weet.

Tog is wit, wit en swart swart.

Ons vermeng dit wetend en onwetend, volgens ons gemoed toestand op ʼn gegewe oomblik en word soekend vasgevang in die grys.

 

POST A COMMENT