DIE HARDHEID VAN ONS WÊRELD
Ons leef in ʼn wêreld met ʼn ongenaakbare hardheid teenoor sommige mense.
Party het eenvoudig nie die voorreg om anders as met net die hardheid van die wêreld mee te moet deel nie, as gevolg van omstandighede of keuses.
Mishandeling, molestering, dwelms en so gaan die lysie aan.
Elkeen vat daai hardheid en bere hom iewers.
In ʼn hart, of diep in die binneste van ʼn siel, hy word deel van jou menswees.
Hy voed jou emosies, lei jou besluite en bepaal jou optrede.
Die hardheid moet verwerk en mee gedeel word voor hy gebêre word, anders maak hy ongenooid op enige dag en uur sy opwagting.
Die onwelkome gas wat jou lewensvreugde steel.
Party kan net nooit met die hardheid “deal” nie, en dit bring die slegte in hul uit, teen hul wil en die wete dat hul pad in ʼn doodloop straat eindig.
Hoekom skryf ek hieroor, omdat ek die week met ʼn paar mense gesels het wat vasgevang is binne hierdie hardheid, wat besluite moes neem om te kan “survive” binne dit.
Die een ding wat egter by almal opkom is hoop, die woord eendag en ʼn geleentheid om die wêreld verkeerd te bewys.
As jou paaie moontlik weer met hardheid kruis, mag dit saggies wees…