Die Lewe is kort
Binne sekondes en n bestek van ure kan die lewe en sy hele betekenis verander.
My boetie is vandag, 25 Mei n jaar terug dood.
Hoekom nie oorlede nie, want oorlede voel nie so hard en finaal soos die werklike impak wat die dood ons mee laat nie.
N gesonde 56 , SA stoei afrigter en fikse man, onverwags was dit iets wat mens in ongeloof laat, met baie hoekom vrae.
Die hoekom vrae antwoord en vind elkeen vir homself.
Wat ek wel weet is dat die lewe ongelooflik kort is.
Sou mens terug kyk oor jou lewenspad, is 10 jaar in die verlede n oogwink en net n blywende herhinnering en gedagte.
Gegewe is dat ons net tydelik op hierdie aarde sal wees, soms geleende tyd en soms net genade tyd.
Onbepaald en onbekend wag die dood vir elkeen van ons, vir baie n donker vreesvolle wag.
Vir ander n ongelooflike finale aards afskeid dag en daarmee saam die groet en ontmoeting van die ewige lewe, gevul met al die antwoorde op die onbekende.
Waar laat dit ons, ek weet waar laat dit my.
Tyd is te kosbaar om kwaad, hartseer en ongelukkig elke dag die son en maan te groet.
Maak vrede met jouself, jou foute en die mense om jou, vergewe, wees lief, sê dit en leef dit.
Moenie met spyt en worsteling in die verlede of hede leef nie, leef voluit met passie en oorgawe asof elke dag jou laaste is, want moontlik is dit………