Die taal van die see
Die see praat sy eie taal
Gevul met verhale van lewe en hartseer deel hy selektief sy siel
Sy golwe se druis bring harmonie en soeke
Soeke na dieptes en geheime, weggeberg in die skatkis van wonder
Ewigdurend herhaal die siklus van elke brander se unieke uitrol
en terug trek homself, terwyl die maan wag hou oor sy invloed.
Bepalend deur die maan se vol en leegloop, volg elke golf
sy swaartekrag instruksie en is sy branders se hoog en laag in perfekte ritme.
Waar pas ons nietigheid binne die komplekse werking van die maan en see in?
Soekend êrens tussen die gloed en blou, waar die maan en see ontmoet is daar vir elkeen ʼn
stukkie vrede en genade
As jy tyd maak ken lank genoeg soek
Vind jy die antwoord op die lewens ritme in jouself, hier vind jy die balans van
menswees en word jy deel van dit wat is.