Title Image

Blog

Die waarde van Paasfees

Van kleins af assosieer ons Paasfees met chocolate eiers wat ons ouers wegsteek in die tuin of as dit koud en reënerig is sommer in die huis.

Dan natuurlik die bekende boksies met stringe sagte marshmallow chocolate eiers wat ons reeds lank voor Paasfees koop en in hordes verslind.

Die goed is mos verslawend, jy maak een oop, en as jy jou kry, gooi jy ʼn paar se papiere in die asblik.

Daarmee saam, ʼn lekker langnaweek wat vir baie net op die regte tyd kom.

Natuurlik is dit wonderlik dat die wêreld vir ons Paasfees vooraf vas pen in ons gedagtes met die magdom paas eiers in elke winkel, amper soos ʼn “outlook meeting request” wat uitgestuur word.

Maar dan weet ek en jy dat die waarde van Paasfees nie in die chocolates en naweek vakansie lê nie.

Dit is soveel meer as dit, ʼn tyd van nederige dankbaarheid gevul met ongeloof.

God se absolute onselfsugtige liefde vir ons en Sy skepping deur die kruisdood van Sy enigste seun.

Ek het al ʼn paar keer Johannes 3:16 gelees, elke keer haak my kop by die woorde in ongeloof vas, “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

Is die gedeelte in Johannes 3:16 wat sê dat God die “wêreld” so lief gehad het, net nie Amazing nie.

Hoe dikwels kla ek en jy elke dag oor die wêreld om ons, hoe sleg dit is, hoe dit vir sommiges voel hul het net hel op aarde as dit moeilik gaan en so gaan die lysie aan.

En God het dieselfde wêreld so lief, in teenstelling met ons, dat Hy die grooste op offering wat enige ouer kan maak, gemaak het.

Waar laat dit ons, dit is ons elkeen se keuse……..ʼn maklike keuse.

Mag elkeen van julle ʼn wonderlike en geseënde Paasfees ervaar, gevul met dankbaarheid en God se liefde.

Mag ons dankbaar verslaaf word aan die werklike waarde van Paasfees en die weggooi papiertjies van die sagte marshmallow eiers in harte bere.

POST A COMMENT