
Drama Queens en Kings?
Ek stap myself vas in ʼn drama queen in koffie winkel, onbekend aan my weerspieël sy die perfekte beeld van my grootste vrees.
Met eens besef ek dat indien sy ʼn kostuum sou dra, sy nie net by wyse van spreke nie maar letterlik ʼn drama queen in die volle sin van die woord sal wees.
Dit alles oor ʼn toebroodjie, koffie en die keuse van warm of koue melk.
Mense het dramaties geword, die geringste probleem wat hul teëkom en die verhoog is gedek.
Dan volg die laaste wenner van ʼn drama toekenning in ʼn tv sepie se opvolg toneel, so asof hul repeteer vir n rol.
Hulle deel tot in die fynste besonderhede die detail en rede vir hul drama aanval.
Geen onderwerp ter bespreking word gesensor nie.
Sonder skaamte of terughou voel hul soos slag offers van hul wêreld en deel dit luidkeels met almal wat wil luister en selfs die wat nie wil luister nie.
Die sleg van dit, of jy nou tyd het om te luister of nie, daar is nie ʼn keuse nie.
Al sit jy in ʼn koffie winkel met ʼn droë stuk koek in jou mond, wat sluk sluk sy pad in jou keel af vind, en soek net dringend vars lug, luister sal jy luister.
Potensieel moet jy dan nog verder luister na iemand wat probeer raad gee en dit self is nog ʼn drama op sy eie.
Natuurlik is daar ook ʼn kompetisie onder sekere vriende groepe, veral dames, as hoof drama queen.
Die titel word nie bepaal deur rykdom, afkoms of die uiterlike nie.
Dis eenvoudig net iemand wat van ʼn molshoop ʼn berg maak, en dan dink hulle moet die berg uitklim.
Atleties, fiks of nie, die drama berg moet geklim word, en kyk so ʼn koninging klim hom nie alleen nie.
Almal moet saam klim en vordering word deurgaans gegee, of jy ʼn vorderingsverslag soek of nie.
Dames moet asb. nie aanstoot neem nie.
Drama konings is aan die toeneem en met die volgende drama queen/king Olimpiese spele gaan die manne beslis goud neem.
Oor die manne se deelname kan jul dames gerus jul opinie deel asb.
Sterkte aan almal wat elke dag met ʼn drama koninging of koning sit.
Dit is jou besluit of jy die knie wil buig of nie.