
ENGEL VROU
0 Comments
Vandag verjaar die engel vrou wat my die lewe se lig laat sien het.
Sy is ʼn ongelooflike mens en haar onvoorwaardelike liefde en omgee vir haar kinders is onmeetbaar.
Haar sin vir regverdigheid, opregtheid en haar integriteit is geestelik vasgelê in elke deel van haar bestaan.
Dikwels sou ek vra hoe is dit moontlik?
As ek van kleins af in haar oë kyk sien ek net die goed van menswees.
As ek haar stem hoor is dit soos ʼn boodskap van ʼn engel wat my wil leer van liefde.
As ek aan haar hande vat voel ek die omgee.
Sy is God se dogter en my ma. Ek dank God elke dag vir die voorreg.
Baie-baie geluk met mamma se verjaardag.