Title Image

Blog

GEDIG – GOD IS DAAR!

As jou hart se vloei, koue kettings – jou gevoelens vasgeboei

Jou menswees jou lei, maar jou gedagtes soekend bly

Jy voel jy nie meer die lewe en sy uitdagings verstaan

En sukkel om die realiteite van die lewe se verlede te laat gaan

Maak net die eenvoud van die lewe vir jou sin

Die komplekse wêreld en sy mense maak jou moeg van binne in

 

Verwag ons te veel en doen te min?

Onvergenoegd, hou soveel van ons aan met vra

Met ʼn “wit brood onder die arm”

Hou ons nooit op kla

 

Miskien kyk jy die toekoms mis en dit wat vir jou wag

Dit is ʼn keuse om te lewe, as jy sukkel, doen dit dag vir dag

God sê genade is groot, maar om net te praat en nie te glo……

Veroorsaak twyfel en dit laat jou voel, daar is niks, al kyk jy op na bo.

 

Daar is soveel wat ons voel en nie kan sien, maar tog wel glo

Soos die wind wat waai, ʼn skadu teen die muur, die son se sak, ʼn goue uur

Hou moed en lig jou kop en kyk stip na bo

God is daar, maar jy moet glo!

POST A COMMENT