Title Image

Blog

GEDIG – NABYHEID

Die water eens gevloei soos bloed

Die Godheid groot, verg mannemoed

Onselfsugtig die grootse gee, Sy Seun Sy enigste

Vir ons, net so sonder twyfel of voorwaardes gegee

 

Dankie, Vader, Seun en Heilige Gees

Leer ons om naby die Drie-Eenheid,

Vader, Seun en Gees te wees

 

Sonder voorbehoud kan ons na U vra

Maar help ons God om dankbaarheid te toon

en net soos U wil aanhou te vra

 

Here, ontmoet ons sielsdiep

Deel met ons en wees naby

Laat ons besef en voel dat U gees diep binne ons bly

 

Leer ons God om te bid, te hoor en te luister

Ingestel op wat U vir ons wil laat weet binne die aardse duister

 

Amen, laat dit so wees

Vir ewig verbind deur U Gees.

 

 

POST A COMMENT