GEDIG – WONDER VERS
Ek skryf vandag ʼn wonder vers
Skadu’s flikker, gedagtes teen die donker muur
ʼn Was traan rol, die baard van ʼn smeltende kers.
Met min verstaan en geen begrip.
Denkend kyk ek op na bo….
Hoe is dit moontlik dat daar mense is wat werklik in niks kan glo?
Soekend na die eenvoud en skeppings vrae, wie het my gemaak?
Wie het my gedra?
Jy moet glo soos ʼn kind, minder dink!
Donker tye gevul met lig
God se Gees, genade en Sy liefde
Jy sal dit weet en voel van bo.
Al is dit jy, wat ook nie glo
Help ons Vader, ons wil verstaan
Soek en jy sal vind my kind
Ek is God, jou Vader
Uit my skeppingshand – jou aards bestaan
Laat dan toe en vul jouself
Dit is My genade, kyk na bo.
Vind en jy sal glo?
Die sirkel van die lewe sal wel voltooi
Jou keuse of jy glo of nie.
Voor God, jou Skepper
Die buig van ʼn sondaars knie.