GEDIG – WOORDE WORD JOU REIS
0 Comments
Uit menswees geleer.
Die mooi en hard van die lewe.
Soms diep snye met bloed besmeer.
Stofpaaie wat kronkel en afgrond rante met skerp klip.
Woorde en dade, die siel se taal in ʼn oogwink kort geknip.
Die water-son weerkaats op ʼn uitgerekte karoo pad, swart geteer.
Vind jou hart en lê dit neer.
Van God se genade, Sy omgee, liefde en krag.
Ons wat misbruik en uitsien na more se nuwe dag.
Jou denke omarm met min verstaan
Verlore siel, sonder God vergaan.
Vee eers voor jou eie deur
Wag dan vir die son se geur.
As die stilte jou antwoord en woorde word jou reis.
Swerwend, soekend in die rigting wat God jou wys.
Waar leegheid en eenvoud jou vul, en jy God se antwoorde vind.
Hou op met soek, jy is God se kind.