
GEDIGTE – Gesprek met God, Pampoen, Plastiek-Mense
GESPREK MET GOD
Hallo Vader, ek wil weer vra
Soos U moet dink, weer net kla
Vra maar nog, Ek weet al klaar
Dis Ek die Vader, wat jou maak vra
Hoe gemaak dis moeilik hier?…….
Ek weet my kind, nie net plesier
Maar hoe dan so?, U se dan self…….
Nee my kind, jy moet dieper delf
Waar is Eden dan?, die slang se kop…….
Pasop my kind, Ek hou jou dop
Jammer Vader, ek sal nie weer pla
Nee my kind, glo, en hou aan met vra
PAMPOEN
Gedink, gewonder toe gedoen
Die geel of oranje van diė pampoen?
Keuses met hoop, woorde met vaagheid
Vir die mens maar min van mekaar se opregtheid
Tekens van die tye wat sal wees
Die bleekste siel, ’n liggaam sonder gees
Genade gawes, als net dit
maak seker aan watter kant van die lyn jy sit!
Verdoemend of beproewend, wie sal ooit weet?
Een ding is seker moet nooit jou verlede vergeet
PLASTIEK – MENSE
Donker soms ʼn sonskyn hart, menswees, diepste siel
Onverskrokke net plastiek
Wel so blink soos graniet
Woorde oorlopens leeg, oneg vals en stom
Die koue tyd wag, stomme dwaas of dalk net dom
Besliste lewenswandel van vervolgings drang
Glo die wêreld se waarheid, kosbaar in gedrang
Loof en prys – oortuigend self
Gedoen vir omgee, glo hul opreg
Help hul nou, na afloop is jy werklik sleg
Skuld verander jou na hul kneg
Die wete, eensgesind nimmer van plastiek maar eerder glas
Val en breek, die skerwe skerp en stom
Mense van plastiek, voorts net dom