Title Image

Blog

GELEENTHEDE – WAARHEEN?

Die week was ʼn week van geleenthede vir ʼn paar mense daar buite.

Ek het die week met mense gesels wat voor die kruispaaie van nuwe geleenthede in hul lewe staan.

Sommiges in die oorvertel van hul geleentheid raak verlore binne hul opgewondenheid, terwyl ander weer kwyn in twyfel.

Die vraag, wanneer weet ek ʼn geleentheid, is dié een wat my lewe gaan verander, my geluk, vrede en self vervulling bring

Weet ons ooit werklik?

Dit neem my terug na die verhaal van die jong christen man wat op die dak van sy huis ten tye van ʼn groot vloed beland het.

Verskeie reddings geleenthede het gekom, twee bote en ʼn helikopter, telkens het hy hul weggewys.

“Ek is ʼn kind van God, Hy sal my red”, het hy gesê en geglo.

Nodeloos om te sê hy het verdrink.

Toe hy God ontmoet, was hy ontsteld omdat hy nie gered was nie.

God het vir hom 3 reddings geleenthede gestuur, wat hy geweier het.

Hoekom? Heel moontlik omdat hy nie die vermoë gehad het om sy Skepper se hand binne die reddings geleenthede raak te sien nie.

Hy het wel geglo dat God hom sal red, maar hy het nie geglo dat die reddings geleenthede van God af kom nie.

Ons bid en vra daagliks vir uitkoms, soms as woorde ontbreek spreek ons gedagtes tot God.

God luister altyd.

Met afwagting hoop ons dan op antwoorde en uitkoms, maar in meeste gevalle is ons verwagting van ʼn geleentheid of uitkoms nie noodwendig God sin nie.

Ons kyk dit mis en dikwels is ons ongeduldig.

Wat ek wel besef het, is dat geleenthede nie altyd ʼn nuwe byvoeging van iets in ons lewens is nie.

Soms is dit ook die goed wat weggeneem word van ons, wat ons lewens beter maak.

Miskien moet ons fyner ingestel raak om binne geloof en met  ʼn soeke na God se skeppings hand te kyk en te luister.

God wil immers net die beste vir jou en my hê.

 

POST A COMMENT