GEMASKERD
Met eenvoud sien ons die wêreld
Instinktief pas ons aan
Sintuiglik neem ons waar
Onbewustelik word ons deel
Deel van ʼn mense wêreld, wat ons dink en glo ons sien en moet wees
Verward wissel ons emosies en worstel ons om die perspektief van verandering te aanvaar.
Soekend na innerlike vrede en vergenoegdheid
Selbeskermend en gedrewe na aanvaarding dra ons maskers en leef gemaskerd binne die wêreld van projeksie wat ons beleef
Elke dag, ʼn nuwe masker, bepaal deur wat die dag en sy mense ons bied
Soekend na ons emosies en wie ons moet wees, nie wil wees nie
N meerderwaardigheid masker, ʼn minderwaardigheid masker, ʼn omgee masker, ʼn harde blinde masker.
Valse maskers wat jou beskerm teen wie jy is en wie ander glo jy is.
En dan…… eendag, sonder wonder, sien jy jou skeppings masker raak en vind jy jouself.
Jou ware masker, jou jy wees masker.
Berusting, aanvaarding en vrede vind gestalte binne jou menswees.
Wees jou eie maskermaker
Dra jou skeppingsmasker en leef in aanvaarding met wie en wat jy is, want jy is jy!
……………………………..
Hierdie stukkie skryfwerk is ʼn uitvloeisel na die opening van Estė Rabė se eerste kuns uitstalling “Gemaskerd” by Kanonkop in Stellenbosch.
Baie geluk Estė jou werk is uitstekend