Title Image

Blog

Geseënde Kersfees

En so het Kersvader vir sommiges sy verskyning gemaak, êrens is klein kindertjies reeds vroeg oggend besig met hul nuwe speelgoed, ander is op pad kerk toe en kers etes is besig om gemaak te word.

 

Dit is nostalgies lekker en ʼn voorreg, en Kersfees hoe jy dit ook al vier of saam wie, vriende, familie of selfs moontlik alleen word in die moment van die dag vasgevang verewig.

 

Natuurlik, gaan dit net oor een ding, dankbaarheid.

 

Dankie Hemelse Vader dat U die grootste opoffering wat enige vader kan maak vir ons gemaak het.

 

Ons vergeet so maklik die dat U, U seun gestuur het en opgeoffer het om vir ons sondes aan die kruis ʼn wrede dood te sterf sodat elkeen van ons nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.

 

Hoe groot is u God, hoe onselfsugtig en vol genade moet U nie wees nie.

 

Vader, dankie dat dit nooit U is wat ons hande los nie, en as ons soms terugkyk op ons voetspore in moeilike tye en net een ry spore sien, mag weet, dat dit U dra spore is.

 

Dankie vir Kersfees, dankie dat ons die dag mag vier en dankie dat ons U ons Vader mag noem.

 

Amen!!

 

Aan almal wat so graag lees en deel geword het van SêNet, baie dankie, dit maak en hou mens nederig.

 

Mag julle ʼn geseënde en wonderlike Kersdag saam jul hartsmense geniet en God se liefde en genade aanvaar.

POST A COMMENT