Geseënde Moedersdag
God het met volmaakte balans en koninklike presisie ʼn ma se hart en haar bestaan vir haar kinders aan mekaar gesit.
Deel van die unieke skeppings onstaan van haar kinders, binne ongeloof groei, dra en koester n ma haar kind in haar “wegsteek lyf wêreld totdat hy of sy sterk genoeg is, om die mense wêreld in te gaan.
Verewig daarna sonder voorbehoud koester sy hom verder en bly sy net ʼn ma vir hom, gevraagd of ongevraagd.
In die somers en winters van baba tot tiener en grootmens, verstaan jou ma jou hart en elke emosie daar binne.
Sy verstaan wanneer om die doring uit jou voet te haal en hoe om baie te sê sonder woorde.
ʼn Ma se stem bring versekering, vrede, liefde en hoop asook die verskil tussen vrees en veiligheid binne elke kind se bestaan.
Die sonkring van ma wees en die voorreg om ʼn ma te kan hê is dit wat ons laat besef dat alles net genade is en dat God se skepping beslis uit liefde bestaan.
Here, dankie vir my ma, dankie vir haar onvoorwaardelike liefde en omgee, dankie God dat u haar vrou gemaak het en dat u my gekies as die bevoorregte een om haar kind te kan wees.
Here seën elke liewe mamma en vrou binne U skepping en dra elkeen met die sorg wat hul verdien…Amen