Title Image

Blog

GEWETE

Jy groet my in die oggend en wys my die rigting van my hart.

 

Jy herinner my aan reg en verkeerd, jy wys my die verskil tussen swart en wit.

 

Jy laat my dink en wonder hoekom en waarom?, jy wys my die verskil tussen reg en verkeerd.

 

Jy besoek my gewoontes en wys my die verskil tussen positief en negatief.

 

Jy daag soms ontydig op en wys my die verskil tussen goed en sleg.

 

Jy klop aan my deur as ek my kop neer lê, jy herinner my om te dink aan vandag en more.

 

Jy is my gewete en al hou ek nie soms van jou nie, is jy lief vir my.

 

Jy hou my bewus dat ek verantwoordbaar is aan God, want God het ons vir mekaar gegee.

 

Jy is God se stem en Gees, stap saam my, want jy is my gewete…..

POST A COMMENT