GRENSE EN MISBRUIK
Ek en ʼn vriend staan en gesels en die onderwerp van grense kom op
Hy sê dat hy na ʼn baie ernstige kar ongeluk met ʼn tweede kans op die lewe besluit het dat hy grense in plek moet sit.
“Mense misbruik ʼn ou, ons laat dit toe en die misbruiker weet hy kan, hy sal aanhou tot hy nie meer nut vir jou het, of tot die dag dat jy dit nie meer toelaat nie,” sê hy.
Ek beaam wat hy sê en noem dat ek voel dat die misbruiker in baie gevalle die mense die naaste aan ons is.
Persoonlik dink ek dat misbruikers baie self gesentreerde en selfsugtige mense is.
Sommiges is net eenvoudig lui en gemaksugtig, en hul lewe draai om eie gewin.
Hy sê verder dat hy altyd ʼn moordkuil van sy hart gemaak het, almal se gevoelens in ag geneem het behalwe sy eie.
Dit het hom duur gekos, baie onnodige opkrop en seer.
My vriend was ‘n senior provinsiale krieket speler met ongelooflike talent.
Hy sê, as hy terugkyk na sy krieket en die lesse wat die spel hom geleer het, dan besef hy dat die kuns van mens wees en krieket baie in gemeen het.
Jy moet die heel tyd wedstryd voorbereid en fiks vir die lewe wees, as jy op die grens veldwerk doen en duik om ʼn grenshou te keer, skuif jy meestal die grens tou ʼn paar sentimeters, na ʼn ruk is die tou vol kinkels.
Gereeld tydens die wedstryd trek die veld personeel die grens tou reg, ʼn paar sentimeter wat die grenstou uit plek is, kan die verskil tussen wen of verloor wees.
Dit was goed om na hom te luister, sy woorde is beslis waar en daar is vir soveel van ons ʼn lewensles in sy woorde opgesluit.
Dit laat my met die volgende vraag.
Waar is jou grens tou, wie skuif hom en wie trek hom reg?