HEMELBRIEF
Ek skryf ʼn sonskyn briefie vir my ma….
Met die woorde en klanke van my pa….
Uit die Hemeltuin ʼn geplukte sonneblom as sy verjaar
Lees my Hemelbrief net vir haar
Onverklaarbaar, onverstaanbaar, maar sien is glo
God se woord die bybel, dit is toe alles so
As ek terug dink aan ons aardse tyd
Is daar nou vrede, ʼn vol lewe sonder spyt
Al voel dit nou soos nooit, in my Hemelbrief bestaan geen tyd
Afskeid en die dood, nie soos jul dit ervaar en dink
Geen hartseer, die soeke weg, hier is ek net God se kind
Emosie strome, die water wat jy drink
Selfs die vullis is hier blink
Onverklaarbaar, onverstaanbaar, maar sien is glo
God se woord die liefde, dit is toe alles so
Tydelik waar jul, jul nou bevind, hou aan met glo, bid en weet
Jul aardsbestaan en tydelikheid reeds afgemeet
Lees my brief weer en weer en moet nooit vergeet
Die engele sal elke dag jou hart sê waarheid weeg en meet
Gevulde vrede leef voluit, geniet jou ongekende aardse tyd
Kyk verby die aards, seer, spyt en verwyt
Leef in die hede, verlaat die verlede, vir ewig verby
Hier is baie genade en die smal straat word in die Hemel wyd
Onverklaarbaar, onverstaanbaar, maar sien is glo
God se woord die genade, dit is toe alles so
God en Sy Engele wag vir jul met Hul arms oop
Met ʼn goud-geel sonneblom, groot of klein of nie gedoop
Niks kan dit stop, niks kan dit keer
Hou net vas en klim, die keuse is God se Hemels-Leer
Onverklaarbaar, onverstaanbaar, maar sien is glo
Tot ek jou weer sien, bewaar my Hemelbrief in jou hart
God se woord die ewigheid, dit is toe alles so