Title Image

Blog

HOOP OP ‘N BLINK TOEKOMS

Om jonk te wees, is lekker, geseënd met relatief min verantwoordelikhede.

Nuwe geleenthede, onbekende verwagtings en net uitsien na dit wat wag en die dag van more.

Vir meeste ʼn hoop op ʼn blink toekoms.

ʼn Ruk gelede was almal se grootste bekommernis die matriek eindeksamen, in ʼn oogwink is dit verby, skole het gesluit en ons het Kersfees en nuwe jaar gevier.

Vandag is ons aan die einde van Januarie en die strate van die Paarl is weer gevul met die stap geluide en lag van skoolkinders.

Graad 1 kinders het begin met hul skoolloopbaan en vir party ouers is dit moeiliker om te laat gaan as wat dit vir die graad een kind is om aan te pas.

Die nuwe matrieks sien uit na hul laaste jaar, ons bid hulle sterkte toe en ʼn beter jaar as die laaste twee jaar.

Mag 2022 ʼn interskole jaar wees!

Daar is egter ʼn magdom jong mense wat die realiteite van die grootmens wêreld nou moet betree, nie maklik nie.

Die meerderheid het geen idee wat hul wil doen nie, ʼn klomp gaan “swot” want dit is die “regte” ding om te doen, ander vat ʼn “gap” jaar om hulself te vind en dan is daar ook ʼn paar wat nog “float”.

Dit is seker die moeilikste besluit vir baie jong mense en hul ouers.

Maar ʼn besluit moet geneem word, en dit is hier waar die slim mense se dinge vinnig verkeerd gaan.

Ouers leef in sommige gevalle hul passies, drome en tradisies deur hul kinders uit.

Ander sukkel om te verstaan hoekom hul seun of dogter drama, kuns of onderwys wil gaan studeer en nie ʼn prokureur of tandarts wil word soos pa, ma of die ouer broer  of suster nie.

Binne hierdie nuwe wêreld en sy besluite is daar geweldig baie uiteenlopende opinies en argumente oor wat die regte ding is.

Al hierdie onsekerhede saamgegooi in ʼn kookpot het net een uitkoms, “Pressure” soos die engels man sal se.

Die tipe druk wat ʼn jong mens in die fleur van sy of haar lewe kan knak, heeltemal breek.

Die gevolge; verwyt, hartseer en spyt.

Wat is die antwoord, ek is nie bevoeg om ʼn antwoord te gee nie, ʼn goeie begin punt mag moontlik wees om meer te luister en baie geduld.

Met soveel onsekerheid is dit dalk goed om te besef dat ons nie die antwoorde of noodwendig die kundigheid het om die tipe situasies te hanteer nie.

Eenvoudig, gaan soek die kundigheid asb.

Gee gerus jul opinie op die een.

 

POST A COMMENT