Title Image

Blog

JA OF NEE?

Hoe doen ons alles wat ons doen?

Min ure baie dinge en ʼn oorvol gewete vir dit wat ons nie gedoen kry nie.

Gereeld vra ons verskoning vir dit wat ons op kort kennisgewing of as ʼn guns nie onmiddellik kan doen nie, maar wel bereid is om te doen.

So wil ons almal happy hou en uitkom by ons beloftes.

Belowe of commit ons eenvoudig te vinnig en te maklik?

Nee word altyd gevolg met ʼn verduideliking, so asof ʼn verduideliking verwag word.

Bitter min sal jy ʼn verduideliking gee of hoor vir ʼn ja.

Iemand sê ʼn ruk terug vir my, hy sukkel met die nee ding. Hy sê gereeld ja as hy nee wou sê.

Die begrip nee, bestaan vir min, knop knik of “ja of ek sal sien wat ek kan doen”, is ʼn definitiewe ja.

So asof ja en nee een ding vir mense geword het, en nee gesien word as ongeskik, selfsugtig of iets wat ʼn goeie vriend nie sê nie.

Nou ja nee…. of…. nee ja, ek sal sien.

Almal gelukkig hou ten koste van jouself ?, jou keuse!

Ja of Nee?

 

POST A COMMENT