Title Image

Blog

KERSFEES

Daar is iets magies aan Kersfees en Kerstyd.

Die lug voel anders, die mense is anders en soms voel jou tuiste nie soos jou tuiste nie.

As kind onthou ek ʼn onverklaarbare gevoel van uitsien in jou hart.

Vir kinders is Kersfees ongelooflik spesiaal, en dit moet so wees.

Veral as jy nog klein is en glo in Kersvader, sonder enige vermoede dat hy moontlik die buurman of een van jou familie ooms of jou pa mag wees.

As die kersboom met sy flikkerende liggies, goue engeltjies en Kersvader heel bo sy verskyning in die huis maak, raak die aanbreek van Kersfees ʼn realiteit.

In baie huise is 1 Desember kersboom opslaan tyd.

Sou jy soet genoeg gewees het gedurende die jaar of ʼn goeie skool rapport huis toe bring met die aanbreek van die Desember vakansie, wag daar ʼn Kersfees beloning.

Die beloning, jou kersgeskenk, jou ma sou saam jou vir Kersvader ʼn briefie skryf met jou wenslysie vir daai geskenk wat jy so graag wil hê.

Sodra daai briefie gepos is, begin Kersfees momentum optel.

Natuurlik maak die Kerskous wat opgehang word, die geskenke onder die boom, jou Kersvader briefie en die feeskalender wat elke dag ʼn klein “chocolate” jou kant toe bring soos jy die daggies afskeur, dit nog meer nostalgies.

Dit is opvallend dat as ek met volwassenes gesels oor Kersfees, dan praat hul almal feitlik met heimwee van hul ervaring as kinders oor Kersfees.

Hul verwysings raamwerk rondom die waarde van Kersfees is beslis vasgevang in hul kinderdae.

Miskien moet ons deur die oë van ʼn kind na Kersfees en die betekenis daarvan kyk?

ʼn Groot hartseer is die werklikheid dat daar kinders is, vir wie dit wat ek hier beskryf nooit ʼn realiteit sal wees nie.

Kersdag is vir hul, heel moontlik, soos hul verjaarsdag net nog ʼn dag, en saam dit waai die nostalgie van Kersfees en mooi herinneringe by die venster uit.

Die enigste slegte ding vir my op die stadium is hoe Kersfees gekommersialiseer geword het, soveel mense is vasgevang in duurder, groter en beter as dit by kers etes, geskenke en self deesdae ʼn “venue” kom, ʼn huis ete is nie meer genoeg nie.

Waar stop dit, is elke laaste Kersdag se geskenk die bepalende faktor van die daaropvolgende Kersdag se geskenk?

En miskien is daar niks daarmee fout nie.

Maar vir my is dit juis die eenvoud van Kerstyd saam die nostalgie en herinneringe wat saak maak.

Die mees belangrikste natuurlik dat God sy enigste seun, Jesus Christus vir ons gestuur en laat oorlewer het om vir ons sondes aan die kruis ʼn wrede dood te sterf.

Hoe dit ook al sy, vier Kersfees soos jy goeddink, bou “memories” en maak dit spesiaal, gebruik die tyd om by die voete van jou skepper te gaan sit en perspektief te kry oor wat werklik belangrik en spesiaal is vir jou.

Geseënde Kersfees

 

POST A COMMENT