Title Image

Blog

KONFLIK SOEKERS

Dit is verstommend om te sien en onmoontlik om te verstaan waarom daar so ʼn groot persentasie van ons mensdom is wat kompulsief verslaaf is aan konflik.

 Ek noem hulle konflik soekers.

 

Hulle is altyd reg om ʼn “fight te pick”, het ʼn totale onvermoë om enige ander persoon ʼn opinie te gun, wat nog ʼn ander se opinie te respekteer.

 

Hulle het die vermoë om gesprekke vanuit aannames en ongegronde stellings te verdraai en te manipuleer om konflik uit te lok.

 

Dit kom voor of hulle aan ʼn soort vervolgingswaansin lei, hul wantrou enige vorm van vrede en is heeltyd oorgehaal vir die volgende skoot.

 

Hul modes operandi grens aan ʼn boelie taktiek, breek die ander party af, sê hom of haar sleg, verkleineer grappenderwys en fokus herhalend op ander se foute en tekortkominge.

 

ʼn Totale vorm van disrespek in terme van verbale kommunikasie is die geheime wapen, hoe harder die stemtoon en hoe meer vloekwoorde en slegsê, hoe groter die impak en die oorwinning, dit is natuurlik wat die konflik soeker glo.

 

Hulle oorreageer nog meer as hulle ʼn slegte dag gehad het of self sleg hanteer was of as hul moontlik uitgelaat voel.

 

Wanneer hulle kwaad is vir Jan, haal hulle dit op Piet uit.

 

As ek nalees hieroor is die geleerdes van opinie dat dit iets te doen het met die persoon se emosionele volwassenheid, ʼn gevoel van minderwaardigheid en ʼn obsessie om aanvaar te word en ʼn soeke na respek.

 

Hoekom skryf ek hieroor, omdat ek glo daar geweldig baie mense is wat elke dag met soortgelyke mense moet deel, wat opsig self die lewe ʼn uitdaging maak en jou emosioneel dreineer.

 

Of dit nou in ʼn vriendskap, huwelik of werk situasie is, dit is totaal vernietigend en sielsdodend.

 

Waar laat dit ons, ek is nie seker nie, verseker is dit nie volhoubaar nie.

Twee keuses, stap weg van sulke mense af, of soos hul sê “deal with it”

 

Ek vat gewoonlik goed van wie dit kom, en meet dit in lyn met die waardes wat ek in die konflik soeker raaksien, dikwels sou die advies aan hul wees:“practice what you preach”

 

Ek voel egter baie jammer vir konflik soekers, hulle is vasgevang in ʼn wêreld van ontkenning, ʼn soeke na aanvaarding en hartseer.

 

In meeste gevalle sê hul net goed en maak uitlatings omdat dit is wat hul moet doen.

 

Hiermee sê ek nie die konflik soekers is altyd verkeerd nie, nee geensins, al wat ek se is dat hulle die lewe baie interessant en uitdagend maak.

 

Natuurlik in die stilswye, het my ma altyd gesê: “as die skoen jou pas, trek hom aan dat hy jou so bietjie druk.”

 

Deel gerus jou opinie!!

 

Kopiereg: SêNet

POST A COMMENT