Title Image

Blog

Liefde vir jou kinders

ʼn ouers se liefde vir sy kinders is onbeskryfbaar, vasgevang in die diepste deel van die menslike vermoë om lief te hê.

Die voorreg en seën van ouerskap is Goddelik, heilig.

Geleen en onvervangbaar is daar ʼn vervulling van iets kosbaars, dit laat jou met vergenoegheid en dankbaarheid.

Hul geboorte en die onmeetbare afhanklikheid, laat jou die wonder van die skepping verstaan.

Van geboorte tot volwassenheid, is liefde en omgee ʼn konstante, tog is God in beheer.

Deur die oë van ʼn ouer, sien jy die wonder van ʼn binneste deel van jou wat buite jou leef.

Konstant wil jy die beste hê en gee vir jou kinders, binne jou beperkte vermoë.

Blywend is egter dit wat geld nie kan koop nie, liefde, waardering, respek en die voorreg om groot te maak.

Vader dankie vir die skeppings wonder van my kinders

Lei my om onvoorwaardelik vergewens gesind teenoor hulle te wees

Lei my om om niks terug te verwag nie

Lei my om die vrug van die Gees lewend oor te dra

Laat my luister, laat my bid, laat my net ʼn ouer wees…

 

 

 

POST A COMMENT