Menslike Verwarring
Verwarring, onkunde en onskuld, al drie sinoniem as die verskansing teen die waarheid.
Waar die leuen so naby aan die glo van die werklikheid is dat die vasklou daaraan jou verewig met die valse waarheid
As blindheid nie ʼn fisiese beperking is nie, maar ʼn geestelike verset teen die realiteit en die onwerklike jou werklikheid geword het.
As innerlike vrede en die soeke daarna, jou net hartseer bring en jy besef dat die boeie van die verlede jou vasketting teen die vryheid van die toekoms.
Waar onwerklike hoop wat nooit sou kon bestaan, jou lewe beheer en jy jou menswees se donkerste geheime as maatstaf van die bepalende faktor van jou skuld gevoelens en gewete gebruik.
Dan voel ek jammer vir jou, want is jy meer as ʼn slaaf, ʼn gevangene van jou omstandighede en jou emosies die katalisator van jou ongebalanseerde optrede en jou emosionele verwarring wat rondmaal in jou kop.
En al bid jy, glo jy en doen jy alles wat jy voorgee en voor vra in jou smeekgebede, maar leef dit nie, is die verwarring en verlorenheid jou nuwe valse realiteit…..en versinnebeeld dit jou menswees en definieer jou, as mens.
Stomme, stomme mens, die blinde sien beter as jy! – en die dowe mens hoor beter as jy, die
stom mens se leë woorde het meer krag…wanneer gaan jy besef, wanneer gaan jy leer aanvaar, dat jy buite die raamwerk van jou ware menswees beweeg en dat God juis daarom jou net seën met die gevolge van jou optredes en besluite.
Die antwoord is soos die eenvoud van die lewens realiteite van elke dag, kyk net mooier, waardeer net meer en hou op skepties soek as jy klaar dit gevind het.
Leef en laat leef, hou op oordeel nie net ander nie maar ook jouself, leef in die waarheid en hou op jouself en ander flous deur verslawende leuens, maak jou vry en verlos jou van jou grootste vyand…..jy.