Moedersdag – die Waarde van ʼn ma
Moedersdag – die Waarde van ʼn ma
Wat is liefde nou werklik?
Vra ʼn ouma en ʼn ma, en jy vind die antwoord.
As ek terugkyk op my lewenspad en terug dink aan al die kere wat my ma onvoorwaardelik
sonder enige voorbehoud net daar was vir my, in hartseer, blydskap, moeilike en maklike tye.
Met die mees opregste bedoelinge en ware omgee wat net ʼn ma kan gee en sal verstaan.
‘N engel van God gevul met ‘n aardse moederlike instink wat meer as net mens is, iets vanuit
God se geestes skepping, deel van die prag van God se liefde en die toonbeeld van
Sy genade, dit is wat ʼn ma is.
Die vloei van ʼn moeder se gees is omvangryk en haar sagtheid en onwrikbare veggees is onverklaarbaar.
‘N ma se liefde is soos ʼn pleister vir jou siel, en soms deur net aan haar omgee en liefde
te dink, vind ek genesing tot in my diepste wonde.
Haar stem, die trek van haar mond en beweging van haar oë tydens ons gesprekke sal ewigdurend
in my leef.
Haar onbaatsugtige gee en self vergenoegheid is die mooiste deel van haar menswees en ʼn blywende lewensles.
Waar ware liefde, omgee en opoffering nooit te veel is nie, en nie gedryf word deur ʼn
gewete nie maar ʼn opregte hart, gevul met liefde.
Dankie God, dat U dit goed gedink het, om my te seën met my ma se moederskoot, dat U my gekies om een van haar kinders te mag wees.
Vir meer, beter en die voorreg om haar mamma te kan noem dank ek U.
Vader, ek pleit dat U oor haar sal waak, haar sal seën en haar elke oomblik van die dag styf vas sal hou in U skeppings hand.
Uit genade, deur genade met dankbaarheid – AMEN