Title Image

Blog

MOENIE LEEF OM VIR DIE DOOD TE WAG NIE TANNIE!

Ek gesels met ʼn tannie, reeds jare afgetree, mens sou kon sê sy is in die finale pylvak van haar lewe.

Sy leef met passie en is gelukkig.

Onlangs  ʼn pragtige nuwe hondjie gekry, sy sê die hondjie hou haar jonk en aan die gang.

Haar vriendin gee haar advies, “begin stelselmatig jou goed verkoop en die huis leeg maak, dit maak dit makliker as jy doodgaan”

Die vraag kom by my op, kom mens op ʼn ouderdom wat jy leef om vir die dood te wag?

Indien wel, wil ek nie oudword nie.

“Nee tannie” sê ek, “hou al tannie se goed, geniet dit en as tannie nie meer hier is nie, is dit nie tannie se probleem nie”.

Ons kan nie vir ʼn oomblik begin leef om vir die dood te wag nie.

Die dood net soos die lewe is nie vir ons om te bepaal of te beheer nie.

Beslis is ons doel op aarde om te leef terwyl ons leef.

Oud of jonk, dit is net ouderdom, en die dood laat hom nie beïnvloed deur ouderdom of tyd nie.

Ek mag verkeerd wees maar glo werklik alles in die lewe het ʼn begin en ʼn einde, ʼn vasgestelde tyd vir leef en doodgaan.

Daarmee sê ek nie dat as jy die dood gaan soek of self bepaal dat dit dalk nie jou tyd was nie, ek weet nie en het beslis nie die antwoord nie.

Ek is van opinie dat raad en advies aan bejaardes goed deurdink moet wees.

Hulle glo en aanvaar so maklik dit wat hul hoor.

Natuurlik is dit nie te sê dat ʼn tweeling op 80 jarige ouderdom ewe oud is in hul denke nie.

Die tannie sê dit gaan oor ingestelheid, “jy moet jou kop jonk hou”.

Soos die Engelsman sê, “age is just a number”

 

POST A COMMENT