Title Image

Blog

‘n Nuweling

As ʼn klein mense bondeltjie, die warmte en veiligheid van hul skeppings realm verlaat en veruil vir hul aardse woonplek – verander jou wêreld

Jy word ʼn ouer, ʼn onbeskryfbare en ongelooflike seën kom tot sy reg.

Of dit nou die eerste of tweede een is, die ervaring bly onbeskryflik en net nog meer spesiaal.

God se genade, Sy mag en liefde word ʼn tasbare realiteit, jou menswees word met ʼn besondere deel van die skepping gevul en jy verstaan God se skepping en onvoorwaardelike liefde beter.

Jy maak jou kinders groot met afwagting, die wete dat alles nuut is vir jou, wek vrees en meeste van jou besluite is geloof besluite, klein treetjies, in die hoop dat dit wat jy doen reg is.

Niks wat jy doen of besluit is sonder liefde nie, liefde word die bepalende faktor in die pendulum van jou besluite.

Jy sien uit na dit wat voorlê, deel en droom saam jou kinders en kyk met heimwee terug na dit wat verewig verby is.

Die konsep van tyd vind sy plek in jou herinneringe en met selfsug wens jy hulle soms weer klein.

Jy maak foute, voel sleg en soms word elke dag se opgewondenheid vervang met bekommernis.

Bekommernis oor die onbekende en die innerlike ingesteldheid om nie foute te maak nie.

Jou vrese word minder soos jou selfvertroue groei, en jy die nuwe mensie leer ken en verstaan.

Dan besef jy dat jy ʼn deel van jouself grootmaak, dat die verantwoordelikheid groot is en dat alhoewel jy nie als weet nie, dat jy elke dag net meer en meer geheg raak en die voorreg van oueskap op jou groei en jy dit geniet.

As daar uitdagings oor jou pad kom waaroor jy geen beheer het nie, besef jy met tyd dat julle net aan mekaar geleen is.

Sonder verstaan vind jy wel berusting dat God in beheer is, en dat jou beste genoeg is.

Aan almal wat met opgewondenheid uitsien na die geboorte van jul nuweling in 2022, bid ek jul God se rykste seën, genade, liefde, vrede en skeppings gesondheid toe.

Geniet die afwagting, geboorte, en elke geleende oomblik.

Koester die nou en laat jou kinders toe om jou te geniet.

 

 

POST A COMMENT