
Net Mens….
Soms as ek bid, is my woorde min en deurmekaar en weet ek self nie wat ek sê nie.
My gedagtes dwaal en dit voel of ek God plek-plek verloor binne my innerlike verlorenheid.
Met nederigheid voel ek skaam, want ek verwag God moet altyd luister.
Dan vra ek vir rigting, wetend dat noord my vorentoe is, dat gister verby is en more net ʼn moontlikheid.
Soekend na die nabyheid van God omdat ek so min verstaan.
Waar geestelike alleenheid die anker van jou menswees word en Goddelike afhanklikheid jou in God se arms dryf.
Soms bid ek oor dit wat ek verstaan maar nie glo nie, en dat ek dit wat ek glo sal verstaan.
Soms wonder ek oor die Hemel en hoe naby ons aan God kan wees.
Wat is genoeg?
Soms voel God vêr en is ek blind vir Sy nabyheid.
Soms voel ek vêr en trek God my op Sy manier nader.
Dit is genoeg.
Mag God jou elke dag nader trek, jou woorde vir jou verstaanbaar maak en jy vashou aan jou noord.
Mag dit genoeg wees, want ons is net mens, net mens…….