Title Image

Blog

NUWEJAAR – LOS DIE OU JAAR!

En so kom 2021 tot sy einde, wel byna, soos een mens wens die wêreld tog net die jaar verby

Mense wil vergeet, aangaan en nie verder dink of hoor van “lock-down” en om ingeperk te wees nie, almal voel soos goudvisse of budgies in ʼn hok.

Sommiges steur hul nie meer aan die reëls nie, en weier om te aanvaar dat hul verkeerd is, hulle lonte is kort en hulle wandel soos wêreld oorwinnaars rond sonder maskers en hande sanitize is hul eie keuse.

Ander dra hul maskers halfmas soos ʼn landsvlag na die afsterwe van ʼn politieke leier.

Die woord sanitize is ʼn standaard woord in ʼn tweejarige se mondering van eerste woordjies, en hulle vryf hul handjies as hul uit die kar klim en nog op pad na ʼn deur toe is.

Almal het die jaar piering oë van tv kyk en “shows” volg op sosiale media.

Sommige gesinne se hulle het weer te veel tyd saam spandeer en is nou so geheg aan mekaar soos ʼn stroop en “peanut” botter broodjie.

Ander se nuwe jaar voornemens is groter as Elon Musk en die hele illuminatie sin saam, miskien is dit ʼn goeie ding.

Ons eie president het covid en niemand vra hoe dit met hom gaan nie, ek hoop goed.

Elke mens het sy nuwe jaar ingaan-plan al uitgewerk en wag vir die nuwe jaar horlosie soos ʼn Chihuahua hondjie vir die voordeur klokkie.

As die klokkie lui of die tuinhekkie ʼn beweging maak, blaf hy “non-stop”, vreesloos, sonder dat hy weet wie of wat vir hom aan die ander kant van die deur wag.

Hy fokus op die klokkie en die oopmaak van die deur en sy nuwe kuiergas wat hy gaan ontmoet.

Wat wil ek se? Die jaar het verseker baie uitdagings gehad en daar wag verseker nog baie.

Niemand weet wat vir ons wag ander kant die 2022 voordeur nie, daar word wel nou geklop en die deur sal oopmaak.

Tyd staan nie stil nie en leef moet ons leef en aangaan.

Hoe jy ookal voel

 

POST A COMMENT