OEFEN OF DIEET?
Om te dieet of nie, Maandae is daar hordes mense, veral dames wat die “nuwe” week met ʼn “nuwe”dieet aanpak.
Ek koop vanoggend koffie, heerlike toebroodjies, muffins en koek word by die toonbank uitgestal.
Die winkel groet jou met ʼn vars reuk van tuisgebak, wat swaar hang in die koffie gegeurde lug.
Terwyl jy staan en dink wat om te bestel forseer jou smaakkliere jou om elke nou en dan te sluk.
Ek verander my koffie na ʼn hot chocolate, wit.
Twee vroue wat langs my staan in hul stywe oefen klere is besluitloos oor wat hul moet drink en eet.
Hulle praat ook so effe vreemd as dit by die uitspraak van hul woorde kom.
Afrikaans maar ʼn anderse Afrikaans, soos ons die Boland sê ʼn Transvaalse Afrikaans.
“Ek het hopeloos te veel verneuk die naweek, kyk hoe lyk ek” sê die een.
“Ek was darem weer soet vir ʼn slag” “brag” haar vriendin.
“Wilskrag vriendin, wilskrag” sê sy.
Nou ja, wat sê ʼn man, die twee vroumense het feitlik niks meer om te verloor behalwe ʼn skaduwee of ʼn dalk ʼn deel van hul persoonlikheid.
Niks fout met hul lyfies nie.
Doer in die hoek, sit ʼn effe groter dame, mooi vrou, en haar vriendin.
Hulle eet ʼn lekker stuk koek en kuier terwyl hul lag en heel moontlik so bietjie opvang oor die Boland se skinder nuus.
Beide ook natuurlik in hul stywe oefen pakkies.
Wat is die verskil probeer ek vir myself uitpluis, terwyl my kop heen en weer beweeg asof ek tennis kyk.
Is daar ʼn verskil?
Al waaraan ek kan dink is dat stywe oefen klere ʼn nuwe drag of mode geword het vir vroeë oggend koffie winkels……
Besluit Self.