
OM TE SAAI
Ons saai elke dag, elke moment, wetend en onwetend.
In ons gedagtes, onderbewussyn, fisiese woorde en ons dade.
Ons spreek “saai-woorde” uit oor onself en ander.
Soms uit liefde, soms uit afguns en soms sonder rede.
In ʼn woordvervulde heelal swerf ons woorde se sade rond, opsoek na hul bestemming.
Met die hoop dat dit op vrugbare “grond” sal beland en dat die vrug van ons doen en late mooi en goed sal wees.
Mense glo dat as jy gee sal jy ontvang, as jy goed doen aan ander, sal daar aan jou goed gedoen word.
Vir baie word dit ʼn verwagting en die dryfveer agter hul dade.
As die teenoor gestelde van wat ons verwag, na ons kant toe kom, is die teleurstelling groot en die verstaan min.
Ek het nie noodwendig die regte antwoorde nie, ek is wel van mening dat as jy saai, saai met opregtheid, sonder verwagting en sonder om jou saai werk aan die groot klok te hang.
Dit help immers nie om pampoen sade te plant en ʼn waatlemoen te verwag nie.
Hou aan saai!
“Tema foto is ʼn skildery wat in my jare lange huis dokter, Kassie du Plessis se spreekkamer hang, dankie Kassie.”