Title Image

Blog

Rooi Naels en ‘n Hygroman

Elke tannie gryp deesdae na daai een boek wat sy weg steek vir die oom, iets soos “Fifty Shades of Grey” of ……”Wetlands.”

 

Sou die tannie skaam wees om die tipe leesstof in die winkel te gaan koop, is dit deesdae baie gerieflik om die boek aanlyn te koop, en so sê die tannie het sy ook gemaak.

 

Hoekom sal die tannie dan nou die boek koop, gaan dit nou oor vurigheid of ʼn verassing vir die oom?

 

Miskien is die oom morsdood, as jul verstaan wat ek bedoel, en glo die tannie die boek sal haar antwoord wees tot die nuwe vlam in hul huwelik en warm romanse hervestig.

 

Die tannie, reeds lankal weggevoer in haar eie fantasie wêreld van romanse, begeerte en liefde, soekend na haar man se aanraking.

 

Sy hart en menswees het sy nou al jare reeds, man en vrou, beste maats en sielsgenote.

 

Soos dit nou maar is, moet mens mos alles wat blink aanhou politoer en blink vryf, anders verdof dit.

 

So is dit ook met die liefde.

 

Natuurlik, weet die tannie ook niks van die oom se eie drome en verlange na sy vrou in haar prille jeug.

 

Hy het nou wel nie ʼn boek gekoop nie, maar daar skort niks met die oom se verbeelding en geheue nie.

 

Vir hom is die tannie nog steeds sy eerste liefde en so onthou hy haar, met die mooiste rooi naels, stywe rompie en haar perdeby lyfie wat sy hart destyds gesteel het.

 

En dan so op ʼn dag kom alles bymekaar, die oom vind die aanlyn boek en die tannie lees die oom se joernaal.

Hulle vind mekaar se drome, geheime en wedersydse soeke na die nuwe seisoen van liefde.

 

Nou vir die vurigheid en verassing.

 

En dit is alles behalwe net ʼn huppel in die stap, dit is totale evolusie van hul menswees en ʼn splinternuwe seisoen van liefde en herontdekking wat aanbreek in hul lewens.

 

Die herontdekking en nuwe seisoen laat hul opnuut besef hoekom hul mekaar gekies het en mekaar meer lief het as hul eie ek.

 

Die berg sout wat hul saam geëet het, het hul met ʼn lewensdors vir mekaar gelaat en gesorg dat die seerste krampe van die liefde oorkom kan word.

 

Dankie E.L James vir jou stoute boek, en CNA vir die oom se joernaal boek.

 

Aan almal daar buite, hoe sê hulle,” oud ma nog nie koud” of hoe?

POST A COMMENT